Tuesday, 2 July 2013

Amerika dag 1

Amerika - Dag 1

 Die vlug na New York was goed gewees. Ek het tussen twee baie aangename mense gesit. Aan my regterkant het Santa Zeelie van Cullinan gesit. Sy was oppad Kanada toe waar haar man 'n permanente werk het as 'n Mynbestuurder. Ons het lekker geklets oor alles en mekaar met allerhande klein dingetjes bygestaan. Omdat sy so gereeld reis, kon sy my so baie touwys maak van dinge wat mens moet weet by die doanes. Aan my linkerhand het Professor Doktor Lambo van Illenois Amerika gesit. Hy is 'n Mosambieker wat in Amerika homself gevestig het, sy studies het gegaan oor politieke wetenskap en hy was 'n groot baanbreker om vryheidsvegters op te lei. 'n Vriendelike sagte karakter en baie baie wys.


 Op JFK New York aangekom kon mens dadelik die humiditeit aanvoel. Dit was 'n bewolkte dag maar mid somer in Amerika. Die Amerikaners gaan groot met hul somervakantie, die lughawens en stasies wemel van die vakantiegangers. Gelukkig het ek baie glad deur die doanes gegaan (krag van gebed en raad van nuwe vriendin Santa). En toe begin die avontuur van tussen treine, tussen stasies. Vanaf die lughawe moes ek die AIR TRAIN gebruik na Jamaica stasie. Daar klim ek toe oor op 'n voorstedelike trein na PENN Stasie in die middestad van Manhattan. Nie sekser waar en wanneer om op die regte Amtrak trein te spring nie, besluit ek maar om nie nou al Manhattan in te vaar nie en sommer die statie se winkeltjes te bekyk. Toe die tyd nader kom om my trein te kry, vra ek 'n Chinese Amerikaner jongman wat 'n werker is van Amtrak, om my te help. Hy was te oulik, het dadelik my bagasielas vir my verlig en my reguit na die regte trein geneem. Ek weet tot nou toe nie of ek dit sou gevind het as dit nie vir hierdie vriendelike behulpsame jongman was nie. Gelukkig is daar WIFI op die Amtrak stasies en in meeste treine. Daar is ook oral elektriese punte waar mens jou toerusting kan inprop om te herlaai. Ek het toe dadelik almal laat weet ek is veilig en ek reis al te lekker.


Oppad na Washington se stasie kom sit daar so 'n beeldskone jong dame langs my. Haar naam was Alexa en sy is oppas na Philledelfia na 'n vriendin van haar se bruidstee. Ons twee gesels toe al te lekker. Sy het my baie herinner aan my eie dogter Charmayne. Toe sy afklim, kom sit daar so 'n prachtige rooikop onderwysseressie langs my, Lisa. Sy en haatr man Joe en hul kinders Grace en Collin is ook oppas Chicago toe. Ons twee het dadelijk ge-'click' en het land en sand oor enige goed gesels. Regtig 'n aangename vrou.


Op Washington aangekom was die volgende trein wat ek moes neem om Chicago toe te gaan, reeds gereed om op te klim en kon ek net vinnig die pragtige stasie besigtig. Washington is 'n baie mooi stad en ek sou baie graag eendag dit in meer detail wou besoek. Die stasie was 'n mooie mengsel van modern en geskiedkundig. Ek het gougou voor ek die trein bestyg het vir my 'n heerlike interressante roomys gekoop.


 Die dubbeldekker treine is vir my baie interressant. Ek is verwys na my slaapkompartement wat ek bespreek het. Gelukkig hoef ek nie te deel met iemand nie, want die kompartement is baie baie klein. Nadat ek myself vereenselwig het met dit, is ek na die eetwa vir aandete. Deurentyd terwyl ek so reis met die treine is ek verwonderd oor hoe mooi skoon en vriendelik Amerika is. Die boustyl van die huise is te oulik en dis baie opvallend hoe daar geen heinings om dit is nie, soms sien mens hoe die fietse van kinders rondom die huise staan. Ek wonder toe of hulle regtig so veilig is dan hierdie mooi skoon land? In die eetwa sit ek langs 'n vroutjie met die naam van Tiffany. Sy laat my dadelik dink aan 'n beige fluweellint. Oorkant ons sit 'n Skotse ouman met werklik varklike tafelmaniere, praat met kos in sy mond en eet so slordig. ek het met moeite hom probeer miskyk, want my aptyt het my verlaat as ek gesien het hoe hy eet. EK vertel toe vir hulle hoe ons in Suid-Afrika in vrees lewe met hogere- en ge-elitrifiseerde heinings. My hart het heimlik gebloei vir ons mooie land wat so seer is onder die slegte misdaadsyfer. Wel, ek kon nie gou genoeg my aandete klaar eet nie. Ek dink die Fluweellint-vroutjie ook nie, want sy het haar nagereg as 'n wegneemete geneem en haarself vinnig verskoon. Mens sou dink dat mense van Brittanje het fyner maniere!!
 Terug in my kompartement het hulle my bed vir my opgemaak en was ek vroeg al aan die slaap. So heerlik om ion 'n trein te slaap. Net voor ek 'n 'n diep slaap in gesus word, dink ek aan al die dinge van my eerste dag en glimlag tevrede….. Carpe Diem!

No comments:

Post a Comment