Amerika - Dag 9 en 10
Mens kan eers se jy was in New York as jy vir Lady Liberty in die oge gekyk het. Vroeg-vroeg al het ek 'n hop-on-hop-off bus gaan soek om my na haar te neem. Al die plekke wat ek vir die dag wil besoek is aan die suiderpunt van Manhattan eiland en dis 'n hele entjie van waar ek bly. Buitendien het ek die vorige aand so vrek baie rondgeloop dat my tone vol blase is. New York is GROOOOOOOT, mens loop jou boude af en sien so baie.
Terwyl ek so bo-op die topless bus sit verlustig ek my aan die pragtige geboue van New York. Of hulle oud is of nuut, hulle is almal pragtig. Ons ry verby die Hard Rock Cafe en ek dink aan daai een song van Rod Steward.
By die ferry aangekom vergaap ek my aan al die derduisende toeriste wat stroom na die Statue of Liberty. Dis weer vrek warm en die ferrys wat na die eiland seil waar sy staan is volgepak. Dis 'n langdradige proses en baie tydrowend. Vir iemand so baie nog wil doen soos ek raak dit naderhand te veel.
Maar die oomblik toe ek haar in die oge kyk, kom daar so oorweldigende gevoel oor my.... ek is amptelik in New York!!! 'n Groot vet regmerk agter hierdie item op my bucket list. Nou die lang gewag in rye om weer terug te keer. Dis warm en die tyd stap!!
Uiteindelik kom ons weer op land aan en ek haas my per voet na die World Trade Centre. By Ground Zero is steeds 'n heilige hartseer vibe. Mens sien nie te veel nie, maar mens beleef 'n tipe seer as jy al die name by die memorial sien.
Ek stap later verder om die st. Paul katedraal te sien wat niks oorgekom het nie. Dit bly 'n Gods wonderwerk.
My voete is vrek seer en ek kry warm en is moeg. Ek gooi impulsief my hande in die lug..... mens moet darem 'n geel cab ook ry as jy in New York is. Dit was 'n luukse ondervinding wat my $18 gekos het, net soveel as die fiets taxi, net luukser.
Ek kom te vroeg by die hotel. Oh well, dan kan ek net sowel gou kyk wat rondom my hotel aangaan. Daar is duisende klein restaurantjies en allerhande skoen en juwele winkeltjies.
Oppad lughawe hotel toe kry ek darem al die mooi brue van New York te siene. Nou ja, toe ek weer sien sit ek sak en pak by die lughawe hotel. Dis darem 'n beter hotel as die vorige een. Ek bestel 'n pizza vir aand ete, en val op my rug toe hulle dit aflewer....dis genoeg vir 6 mense, 50cm in deursnit!!! ek besluit toe om net die topping af te eet en nie die kors nie, anders kry ek nie waarde vir my geld gespandeer nie.
Die volgende oggend eet ek stoute ontbyt (2 pastries) en kry daarna die lughawe vervoer. Ons vlieg die nag in ek kan nie slaap nie!
So, fluit fluit, my storie is uit en nou gaan ek slaap.
a hole in the bucket (BAKGAT!!)
Tuesday, 9 July 2013
Sunday, 7 July 2013
Amerika - Dag 8
Ek en Wayne is al 04h00 wakker om gereed te maak vir my vlug wat 06h00 vertrek. Time flies when you're having fun. Die 5 dae saam met hom het te vinnig verbygegaan en ek wens dit kon nog twee weke langer gewees het! Maar of dit nou is of later, die totsiens se is steeds baie swaar.
By Fargo se Hector Lughawe verloor ek my vlugkaartjie. Ons soek dit orals en kry dit toe gelukkig weer by die inboek toonbank. Op die vliegtuig sit daar gelukkig niemand langs my nie want ek het eers vir 15 minute aanmekaar gehuil.
Drie vlugte later kom ek toe uiteindelik in New York aan. Daar wag ek toe nog 'n halfuur vir vervoer na my hotel. Oppad sien ek hoe groot die plek is: BAIE BAIE groot. My hotel is teleurstellend. Die kamertjie is klein bietjie groter as die treinkompartement wat ek die eerste aand in gebly het. Maar, troos ek myself, gelukkig slaap ek net hier.
Ek settle gou in. Sien my tas se kantsak het geskeur en my leer met al my admin in is weg. Nou het ek 'n dilemma, want ek het padkaarte op Google maps gedruk van waar ek orals wil wees. Ek trek gou koeler aan. Dis Durban weer in New York, baie warm en baie drukkend.
Ek loop sowat 10 blokke na Central Park. Daar aangekom huur ek toe 'n fiets. Die ou reken ek behoort die hele Central Park deur te kom in 2 ure. Dis mooi maar nie so mooi versorgd soos wat dit altyd op die flieks lyk nie. Ek geniet egter die fietstoertjie en verkyk my aan alles in die park. Ek drink liters water en gooi ook kort-kort water bo-oor my uit om af te koel.
Na 2 ure is ek toe deur die park en gee ek my fiets terug. Nou soek ek 'n bier. Ek is vrek moeg fiets gery en dodelik dors vir 'n yskoue bier. Oppad na Time Square kry ek toe 'n Irish pub, parkeer myself by die kroeg toonbank, herlaai my selfoon en drink twee yskoue biere. Een ding moet mens nie hier in Amerika doen nie.... jy moenie die rand/dollar met mekaar vergelyk nie, want dan sal jy niks wil koop of niks wil doen nie. Ek betaal toe byvoorbeeld $14 vir die bier... dis R140!
By Time Square aangekom kan ek nie glo wat ek sien nie. My bek hang letterlik oop. WOW. Dis asemrowend interressant. Daar is brand name winkels op steroids....orals! en die advertensieborde wat so groot is en verander kort-kort.... dis 'n belewenis. Ek besluit ek moet op Time Square 'n hot dog eet. Ek koop toe vir my een met die heerlikste Cookies-and-Cream milkshake.
Ek is vrek moeg, maar my laaste plek vir die dag om te besoek is Macy's, die grootste klerewinkel in die wereld. Maar my voete is moeg, ek kry vrek warm en ek is baie baie moeg. Dus was Macy's nie so lekker opwindende ondervinding nie.
Volgens my berekening is my hotel tien blokke suid en 8 blokke oos om terug te stap. Ek het nie die krag nie en betaal toe $20 vir 'n fiets taxi. Die arme Turkse outjie trap sy gat af aan die vrag wat hy moet vervoer, maar op hierdie oomblik voel hy vir my soos 'n engel.
Baie moeg kom ek toe uiteindelik by my hotel uit, drink twee pynpille vir die moeg en seer lyf en voete en val in 'n diep slaap.

Friday, 5 July 2013
Amerika dag 6 en dag 7
Amerika - dag 6 en dag 7
Vandag is Independance Day in Amerika en dit word baie groot gevier. Dis 'n dag van spesiale dorpsparades en vuurwerke. Die Walens het ons genooi om saam met hulle by hul Lake House deur te bring.
Die huisie is gelee aan die oewers van die James Town Resservoir Lake. Dennis het 'n motorboot en 'n vlot en die vorige aand se crowd was ook weer daar. Sharon het tot fancy aangetrek vir die okkasie:
Ons het besluit om die res van die dag net rustig verder by die hotel deur te bring.
Vandag is Independance Day in Amerika en dit word baie groot gevier. Dis 'n dag van spesiale dorpsparades en vuurwerke. Die Walens het ons genooi om saam met hulle by hul Lake House deur te bring.
Die huisie is gelee aan die oewers van die James Town Resservoir Lake. Dennis het 'n motorboot en 'n vlot en die vorige aand se crowd was ook weer daar. Sharon het tot fancy aangetrek vir die okkasie:
Dennis het die jong klomp geneem om te jol met die motorboot en Wayne het die klomp ouer mense op die vlot vermaak.
Later die aand het ons weer met die vlot uitgegaan om die vuurwerke langs die lake te gaan kyk. Dit was baie baie spesiaal gewees. DIe een dame het sulke oulike hoedjies aan ons almal uitgedeel om in die gees van die dag die vuurwerke te kyk.
Die volgende oggend het Fran ons 'n heerlike ontbyt gemaak. Na ontbyt was dit groet tyd, want my kuier in North Dakota loop na 'n einde. Ek is nie baie goed met totsiens se nie, was heel aangedaan om hulle te moes groet.
Wayne wou nog my neem na 'n besienswaardigheid in Jamestown. Toe ons uitklim, slaan ek my vinger in die Oldmobile se deur vas dat jy net bloed sien. Ons jaag toe dadelik na die naaste apteek om die vinger so gou moontlik ontsmet en verbind te kry en natuurlik so gou moontlik ook pynpille te drink. En so, seer vinger en al vertrek ons toe na Fargo. Wayne het ons ingeboek in die Ramada hotel, want more oggend 04h00 moet ek al op die lughawe wees om die vlug New York toe te kry.
Ons gaan loop toe in die naaste mall om tyd te verwyl. Interressant hoe hul food mall lyk. Die Amerikaners is groot op wegneemetes. Ons bestel toe pizza skywe (HEERLIK) en gaan sit in die gemeenskaplike eetsaal en geniet.
Thursday, 4 July 2013
Amerika - dag 5
Amerika - dag 5
Nou moet ons die ver pad terug aanpak. Die staat is so groot, ek glo nie die mense het enige besef van afstand nie! Maar ek kla nie, want ons sien ongelooflik baie interressante dinge. Voor ons die kleine oulike Medora verlaat, gaan besoek ons eers al die interressante snuisterye winkeltjies. Ek moet die winkel wat die handgemaakte stewels verkoop uitsonder. My bek het oopgehang van die kuns wat daarop uitgehaal word, maar die prys was ewe skokkend. $300 vir 'n paar stewels... ek glo nie!
Oppad terug is daar baie trailers op die pad, dis mos nou hulle somer vakansie. Hulle trek sulke groot karavane met sulke groot bakkies rond. Hul trek soms hulle hele huis as hulle na 'n ander dorp verhuis. Letterlik 'n struktuur op 'n lorrie!!!
Toe ons later tuiskom maak ons toe reg om vir die aand saam met die Walens op hul plaas te kuier. Al Fran se sussies en broers met hul kinders was daar. Hulle het barbeque gehou (vir hot dogs en hamburgers) en toe wag ons vir die son om te sak sodat ons vuurwerke kan kyk wat Dennis gekoop het. More is dit hul Independence Day vieringe en die Amerikaners gaan groot daarmee. So wag ons en wag.... hier word dit eers 23h00 heeltemal donker....

Amerika - dag 4
Amerika - dag 4
Vandag gaan ons Medora toe. Dis omtrent 650 km se ry wes. Dis 'n klein geskiedkundige nedersetting in North Dakota. Maar eers ry ons na die plaas waar Wayne werk en hy wys my sy spasie waar hy tans in sy lewe beweeg. Dis alles wyd, oop, skoon en groot. Die implimente waarop hy werk is ultra modern. Binne-in die impliment lyk die beheerpaneel soos in 'n vliegtuig.
Dennis en Fran Walin is die baie aangename, gasvrye en vriendelike mense waarvoor Wayne werk. Ons ry in hulle groot Chev Surburban na Medora.
Ons eerste stop is in Bismark, die hoofstad van North Dakota. Daar besoek ons toe die State Building. Dis 'n interressante staat met 'n ryke geskiedenis van Indiane, bisonne en hulle het selfs die genius book of rekords gehaal met die meeste snow angels wat op die grasperk van die State Building gemaak is.
'n ent verder gery, stop ons by die grootste koei in die wereld, Salem Sue. Die melkboere van die omgewing het haar daar opgerig.
Medora is soortgelyk aan Pelgrimsrus in die Oos-Transvaal. Dis gelee in die Badlands (koppie gebergtes wat soos 'n miniatuur Grand Canyon lyk). Ons gaan pak af in 'n klein kanteen en daarna gaan besoek ons 'n meseumhuis van die ou wat die dorp gestig het en dit na sy vrou vernoem het. Die huis en sy inhoud is 230 jaar oud. Ek het my behoorlik vergaap en gevoel ek loop in heilige geskiedenis rond.
Later die aand gaan kyk ons toe na die baie gewilde jaarlikse Medora Musical, 'n blyspel eie aan die dorpie wat die geskiedenis van die omgewing en die staat vier.
Dit was 'n lekker dag vol goeie geskiedenis en wilde weste pret en plesier.

Subscribe to:
Posts (Atom)